The extraordinary spirit of care and support I experienced from Grassy Park Principal, Marcia Woolward, led to this poem I wrote in honor of her and what I have learnt from her about crafting hope on the Cape Flats...
Skoolhoof op die Vlakte
vir Marcia
Jy staan op.
Om jou skouers is
‘n gehekelde tjalie -
iets uit ‘n ander tyd - ‘n geduld-ritueel
van vingers, pen en wol
wat glip, haak en trek
aand na aand
langs ‘n radiovervolgverhaal.
In die meesleurings van buurt en skool
gerugte van oproer, verset
gebreekte ruite
dwaalkoeëls
kopineenmus polisie
in die wegkalwings deur
die afwesiges
die onvergenoegde teenwoordiges
die jamaarder teësinniges
die protokollers
die grypers
die skoueroptrekkers
staan jy op,
‘n gehekelde tjalie
om jou skouers
en omdat jy reeds sien, sien ek raak
hoop se fyn patroon is handgemaak
Commenti